O O S – S A K E
Sondag, 7 Augustus 2022
08:30 Gesamentlike erediens – Ds Frederik Coetzee – DOOP
Teks: Johannes 4:1-12
Tema: “God se agenda”
18:00 Gesamentlike aanddiens
Teks: Psalm 33:12-22
Tema: “Vertroue”
Baie seën vir die gesin Homan – Brendan en Nerishka wat vir baba Alru Sondag ten doop bring.
Jeugkerk
Jeugdienste weer op 21 Augustus (Gesinsdiens op 14 Aug)
Hoërskoolkamp vir graad 8 – 10 op 19-21 Augustus te Kwasinungu, Volksrust.
Koste is R300 per leerling. Indien dit finansieel moeilik is om u kind te laat gaan kamp, kontak asb vir ds Frederik by 0729809355.
GEMEENTEDAGBOEK
10 Aug 17:00 Jong gesinne
18:30 Egskeidingsondersteuningskursus in Jeuglokaal
11 Aug 09:00 Bybelgesprek
18:00 Lofsangoefening
14 Aug 10:00 Gesinsdiens & Nagmaal (geen jeugdienste dan)
15 Augustus 18:30 Gesamentlike Gemeenteraadsvergadering in Rots
19-21 Aug Hoërskoolkamp te Kwasinungu, Volksrust
Die 55-plussers gaan weer op ‘n DAGTOER 16 September, hierdie keer na die mooie Cullinan! Dit beloop R200 per persoon plus geld vir ete en sakgeld. Kontak die kerkkantoor as u saam wil gaan! Navrae: ds Hannes 0825785155
Hulp gevra….
Koinonia Christelike Kerk het ons genader en gevra vir bydraes vir ‘n lidmaat van hulle se prostese. Hy het reeds in 2017 gegaan vir ‘n rugoperasie en moes toe gaan vir ‘n dubbele heupvervanging. Weens die erge pyn en die inperking van sy beweging, moes hy sy loodgieterbesigheid sluit (in Bronkhorstspruit). Hulle moes by hulle dogter in Secunda kom woon. Hy het reeds 1 van die heupvervangings gehad en die volgende een moet vir die beste resultate binne 6 maande na die vorige een wees, maar by die staatshospitaal is hy 500ste op die lys. ‘n Organisasie, Improved Clinical Pathway Services in Parktown, sal die operasie- en hospitaalkoste van R150 000+ dek, maar nie die prostese nie. Hierdie aanbod is geldig tot November 2022.
Daarom vra hulle nederig vir die fondse vir ‘n prostese van R20 000 en die vervoerkoste in die tyd van R10 000, voor November. Alle oorblywende geld sal aan ‘n liefdadigheidprojek geskenk word. Indien u bereid en in staat is om te help, kan pastoor Neels Beyers gekontak word by 0737978802 of u kan die geld inbetaal (bankbesonderhede volg).
By voorbaat dank!
Bankbesonderhede:
Koinonia Christelike Kerk
Standard Bank Secunda 038058030
Verwysing: Gerrie Medies
Mafadi-stap
26 – 30 September
Hoogste piek in Suid-Afrika
Drakensberge
(Stapsfiksheid word aanbeveel – begin nou al oefen!)
Kontak ds Hannes as u belangstel by 0825785155.
Ego Eimi – teateropvoering 25 September te Delmas
Hierdie is ‘n teaterstuk wat handel oor die gemeentes in Openbaring. Ego Eimi beteken “Ek is”. Ons wil graag ‘n bus vol maak en die vertoning @ 15:00 op 25 September gaan bywoon (seker 2½ ure lank en ‘n halfuur pouse) teen R200 per persoon (kaartjie & busgeld). Daar sal kos te koop aangebied word. Kom bespreek u plek so gou moontlik by die kerkkantoor. Ons het 30 kaartjies beskikbaar. (Let op dat dit nie meer 24 September is nie, maar 25 September!)
Swaziland-uitreik
3-7 Oktober 2022
Hierdie uitreik word befonds deur die gemeente se getuienisfonds. Slaap in tente, geriewe baie basies. Ons bou ‘n kerk in Qomintata. Ons is op soek na lidmate wat kan help bou, kos maak, preek, Bybellesse aanbied. Navrae: ds Hannes
KERKTOEP
Ons gemeente se “toep” is beskikbaar by Google Playstore en Appstore: NG Secunda-Oos.
DIENS VAN BARMHARTIGHEID
Indien u betrokke wil raak by hierdie wonderlike bediening, kontak asb vir ds Hannes Reinecke 0825785155 vir meer inligting!
# Indien u bewus is van enigiemand in ons gemeente wat hulp nodig het, kontak asb die kerkkantoor.
Gemeentekamp te DeVoetpadkloof: 14-16 Oktober 2022
Ons is al baie opgewonde oor die gemeentekamp wat plaasvind net nadat die 4de kwartaal begin het. Het u al plek bespreek? Kom maak ‘n draai by die kerkkantoor, bespreek u plek en begin solank afbetaal. Na Maandag, 12 September is u verantwoordelik vir die volle betaling van u bespreking (tot dan kan u nog u plek kanselleer). Daar is nog 1 chalet en 15 staanplekke beskikbaar.
Chalets:
1-4 persone R1 845 per nag R3690 vir naweek
5 persone R2 000 R4 000
6 maks. R2 155 R4 310
Kampeerplekke:
1-2 persone R457 per nag R914 vir naweek
3 persone R559 R1 118
4 persone R661 R1 322
5 persone R763 R1 526
6 maks. R865 R1 730
Kinders onder 5 bly gratis, maar tel as ‘n persoon per eenheid.
R65 per tweede motor per nag by alle geriewe; slegs 2 voertuie per eenheid toegelaat
Sleuteldeposito van R200 vir chalets, R100 vir en-suite-tente betaalbaar met aankoms.
House of Mercy
House of Mercy vra ook asb die hulp van dames om te kom help met naaldwerkklasse aan behoeftige vroue op Donderdagoggende om 09:00 tot 12:00 by Rondekerk. Kontak Corrie Nel 0825713764
WOL
Kontak Erika by 0790245416 as u ENIGE wol kan skenk vir hulle breiprojek vir Kosmos-kinderhuis, Janel-huis, die nuwe kinderhuis in Secunda en ouetehuise.
Egskeidingsondersteuningskursus
Jackie van Zyl is steeds besig met die egskeidingsondersteuningskursus (strek oor 10+ sessies) – die volgende sessie is nommer 7!
Dit behels video-sessies met ‘n kort bespreking daarna en mense kan op enige stadium inskakel.
Navrae Jackie 0608130029 of ds. Hannes 0825785155.
Bybelstudie & selgroepgesprek – 7 Augustus 2022
Johannes 7:1-12
God se Agenda
- Agtergrond
Die evangelie van Johannes is deur die dissipel Johannes geskryf, dekades later as die evangelies van Matteus, Markus en Lukas. Die skrywer neem aan dat ‘n leser reeds vertroud is met die inhoud van hierdie ander werke. Johannes bied dus ‘n ander perspektief, met ‘n groter klem op betekenis. Johannes gebruik sewe wonderwerke – wat hy “tekens” noem – om te bewys dat Jesus werklikheid die inkarnasie van God is. Sommige van die bekendste verse in die hele Bybel word hier gevind. Niemand is meer bekend as die een-sin-opsomming van die evangelie wat in Johannes 3:16 gevind word nie.
- Open met gebed:
- Lees saam: Johannes 4:1-12
- Gesels hieroor:
- Waarom het Jesus “Judea” verlaat (Johannes 4:3)?
Omdat Sy bediening Johannes se bediening oortref het, het Hy geweet dat die Fariseërs kort daarna na Hom toe sou kom.
- Waarom sou die “Fariseërs” (Johannes 4:1) na toe kom?
Wie was die Fariseërs?
Die Fariseërs was die strengste sekte van Judaïsme. Die ander Jode het die Fariseërs as hulle godsdiensonderrigters en verdedigers van Judaïsme gerespekteer.
- Was Jesus bang vir die Fariseërs?
Nee, en Hy sou uiteindelik die Fariseërs se haat vir Hom gebruik om Sy eie kruisiging te bewerkstellig. Maar die tydsberekening daarvan moes presies wees en dit was nie die oomblik nie, daarom vertrek Hy.
- Waarom was Jesus “moeg” (Johannes 4:6)?
- Waarom het Jesus by die put gesit, en waar was sy dissipels?
- Weier die Samaritaanse vrou Jesus se versoek om water te drink?
- Waarom, dink jy, het Jesus die Samaritaanse vrou vir water gevra?
- Waarom het “Jode geen handelinge met Samaritane gehad nie” (Johannes 4:9)?
- Van watter “lewende water” (Johannes 4:10) praat Jesus?
Johannes 4:14 sê dit sal lei tot “die ewige lewe”, so, Jesus praat van Sy redding.
- Wat leer Johannes 4 ons:
Ons doel is om die ware en lewende God te aanbid en om dit te doen deur die krag van die Gees en op die manier wat Hy ingestel het.
VERJAARSDAE & GELUKWENSING
Baie geluk aan elkeen wat in die komende week hulle verjaarsdag vier! Mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe!
Baie seën ook aan almal wat in hierdie week hulle huweliksherdenking vier!
Ons wil ook graag die geboorte van babas in ons gemeente vier! Laat weet asb as daar ‘n nuweling in u gesin aangekom het! Ronel en Hennie Bestbier is ‘n nuwe kleindogter ryker! Baie geluk!
“Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” 1 Kronieke 16:34
GEBED
Ons dra die volgende lidmate op in gebed:
Fanie Brits
Sakkie Pelser
Hannes Smit
Joey Vorster
Vincent Botes
Hannatjie Pretorius
Johan Jacobs
Annaline Greyling
Jade Links
Tarina Hattingh
Heleen Bezuidenhout
Fia Coetzee
Louis Boshoff
Hannes Visser
Nicky Erasmus
Indien u weet van enige lidmaat wat gebed of besoek van ‘n leraar benodig, kontak asb die kerkkantoor by 017-6347518 tussen 08:00 en 12:00 of stuur epos na kantoor@secundaoos.co.za.
Ander sake vir voorbidding:
- Leiding in die nuwe kwartaal
- Vir die vervolgde kerk in ander lande
- Dankie vir mense wat gewillig, betrokke en toegewyd is (party al vir jare) en dankie dat U, Here, vir ons nog mense gaan stuur waar ons dringend nodig het.
- Dankie dat U ons finansieel seën.
- Lei ons in ons strategiese beplanningsessie wat op pad is.
- Dankie vir reën wat al in die Oos-Kaap geval het! Ons bid steeds vir die dele wat nog baie droog is.
“Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.” Romeine 11:36
NISSIES
Nissies by ons herinneringsmuur is te koop teen R2500. U is self verantwoordelik vir die gravering van die plaatjie. Lys van beskikbare nissies en die korrekte afmetings is by die kerkkantoor.
FINANSIES
Indien u die dienste op youtube bywoon, is u welkom om “kollekte” in te gooi via snapscan of direk in bankrekening. Onthou korrekte verwysing asb. ABSA, tak 632005, tjekrekening 1510580091.
HUISBESOEK
Indien u as individu of as gesin ʼn behoefte het dat ‘n leraar u besoek, kontak asb vir ds Hannes of ds Frederik.
Seëngroete
Secunda-Oos leraars en personeel
Dr Hannes Reinecke
0825785155
Ds Frederik Coetzee
0729809355
ADMINISTRATIEWE INLIGTING
Kerkkantoor is oop elke weeksoggend van 08:00 – 13:00,
Vrydae 08:00 – 12:00
Adres: H/v Stanford- en Lateganstrate (langs Laerskool Goedehoop)
Tel. 017-6347518
Epos-adres: kantoor@secundaoos.co.za