Kerkkamp

Gemeentekamp te DeVoetpadkloof:  14-16 Oktober 2022

Ons is al baie opgewonde oor die gemeentekamp wat plaasvind net nadat die 4de kwartaal begin het.  Het u al plek bespreek?  Kom maak ‘n draai by die kerkkantoor, bespreek u plek en begin solank afbetaal.  Na Maandag, 12 September is u verantwoordelik vir die volle betaling van u bespreking (tot dan kan u nog u plek kanselleer).  Daar is nog 2 chalets en 15 staanplekke beskikbaar.