Winterhoop 2022 sê dankie

Winterhoop 2022

Baie dankie vir elkeen se bydrae om hoop te bring.  Al die klere is uitgegee na behoeftige mense by SAVF, Tutela en Emba.  Ons kon ook komberse en kos koop vir dié wat daarvoor gevra het.  Ons het 35 stelle skoolklere gekoop vir kinders wat dit nodig gehad het.  Klere en komberse is steeds welkom!  Die behoefte is baie groot! 

Ons ook in die proses om serpe te koop vir van die skole en ook vir die karwagte by Secunda Mall.  Ons waardeer elkeen se bydrae!!