Sondag, 16 Augustus 2026
09:00 Junior kategese
09:30 Erediens – ds Trunette de Jongh
Teks: Lukas 15:1-7
Tema: Die verlore skaap
U kan die diens ook aanlyn volg via https://www.youtube.com/@ngksecundaoosregstreeksliv5756
10:30 Senior kategese
11:00 vir 11:30 Jong ouers
17:30 Die Bybel Prakties – Jakobus 1:9-18
Oos-dagboek
18 Augustus 10:00 Davieshof-erediens
10:30 GriefShare in die Jeuglokaal
18:00 DivorceCare in die Jeuglokaal
19 Augustus 10:00 Dra Mekaar
19 Augustus 10:00 Naaldwerkklas by Rondekerk (HOM)
Enige hulp sal waardeer word!
10:00 Bybelgesprek
18:00 Lofsangoefening
21 Augustus 16:00 Kinderkrans
18:00 JAV
23 Augustus 09:30 Erediens en Nagmaal
28 Augustus 12:30 Goedehoop-gemeente se basaar
Kommunikasie
Sluit asb by die gemeente se whatsapp-groep aan via onderstaande skakel:
https://chat.whatsapp.com/KD25eXocbuG9AATHbONBKQ
Ons het JOU hulp / diens nodig:
- HOM bied naaldwerkklasse aan op Donderdae om 10:00 by Rondekerk. Enige hulp met die klasgee, naaldwerkbenodigdhede ens sal baie waardeer word! Kontak Joey 0832322274 as jy kan help.
- Daar word mense benodig by die klank- en tegniese span tydens eredienste. Kontak Johan Steyn (0823710179) as jy wil help.
Jong ouers
Die jong ouers het die afgelope Sondag ‘n heerlike kuier (en so ‘n bietjie gesonde kompetisie) gehad by die Padelbane! Kom kuier volgende keer saam! Stuur enige vriende se selfoonnr na Danie (0761020662) of Trunette (0785382531) om bygevoeg te word op hierdie groep. Die volgende byeenkoms is eerskomende Sondag, 16 Augustus.
Gemeenteraad
Esmé Visser, Hannes Gertzen en Riaan Prinsloo is herkies tot die Gemeenteraad. Lilly en Louis du Toit is verkies tot die Gemeenteraad.
Bybelstudie / selgroepe
Kom geniet vriendskap en kry Bybelwysheid deur in te skakel
by een van die volgende groepe (skakel gerus die leier) vir die
jaar.
- 18:30 – Marius Neethling 0823716584
- 10:00 – Nerena Fick 0827298286
- 18:30 – Hannes & Susan Gertzen 0768501627
- 14:00 – Esmé Visser 0836922859
- 18:30 Jong volwassenes – Danie de Jongh 0761020662
- Indien jy ook ‘n groep het waar iemand nog kan inskakel, laat weet asb die kerkkantoor.
- Daar is ‘n behoefte vir ‘n groep vir ouers met tieners. Laat weet asb die kerkkantoor of leraars as jy ook belangstel.
Huisbesoek
Di Danie en Trunette sien daarna uit om al die lidmate van die
gemeente te ontmoet en besoek. Kontak asb die kerkkantoor
(017-6347518) of per e-pos (kantoor@secundaoos.co.za)
om ‘n afspraak te maak. Moontlike tye is 10:30 tot 12:00,
14:30 tot 16:00, 16:00 tot 17:30 en 17:30 tot 19:00. Maak nou
jou afspraak vir ‘n lekker leraarskuier!
Gemeentekamp
Ons gemeentekamp vind plaas tydens naweek van 23-25 Oktober. Lidmate kan solank hulle plek kom bespreek by kerkkantoor en begin afbetaal. Ons moet teen 21 September onbespreekte plekke teruggee aan die oord. Slegs 15 staanplekke, 6 tenthuise en 2 bergtente nog oop.
Pryse vir en-suite-tente wissel tussen R2620 vir die hele naweek vir 1-2 mense tot R3980 totaal vir 6 mense.
Vir staanplekke wissel dit tussen R1152 totaal vir 1-2 mense tot R2160 totaal vir 6 mense.
Bergtente wissel tussen R2790 totaal vir 1-2 mense tot R4150 totaal vir 6 mense. (bergtente het die mooiste uitsig van daar bo af!)
VERJAARSDAE & GELUKWENSING
Baie geluk aan elkeen wat vandag en in die volgende week hulle verjaardag vier!
16 Augustus: Zurita Barnard, Izanke Hooman, Theo Kruger, Melissa Nel, Kayley Prinsloo, Elva Smit, Leonie Watkins
17 Augustus: Ruan du Plessis, Monica Kruger, Ivané Kurtz, Ben Spangenberg (60)
18 Augustus: Raynard Rossouw, Nolan Welgemoed
19 Augustus: Miguelle Brooks, Marius Erasmus, Deon Fourie, Jeanette Roux, Dirk Tait, Marie van Niekerk
20 Augustus: Ruan Breytenbach, Jaco Geldenhuys, Ellouise van Zyl
21 Augustus: Maryna Beelders (40), Karlien de Beer, Nimo de Villiers, Rikus Fourie, Annelie le Roux, Jason Nienaber, Riaan Swart
22 Augustus: Dmitri de Villiers (40), Michelle Fourie, Billy Henderson, Renier Smith, Wessie van der Westhuizen
Baie seën ook aan almal wat hul huweliksherdenking in hierdie volgende week vier!
GEBEDSLYS
Ons dra die volgende lidmate op in gebed:
Hannes Smit Lettie Smit
Elsa Brooks Joey Vorster
Johan Jonker Louis Boshoff
Emmie van der Merwe Paul & Gwen Joubert
Hettie Steenkamp Kotie Snyman se kleindogter, Shinique
(dubbele longoorplanting)
Frans Viljoen Faan Rousseau
Mientjie Coetzee Chrissie van der Westhuizen
Div du Toit Hennie Alberts (familie)
Isak Steyn
Ons bid vir ‘n gesonde swangerskap vir ds Trunette.
Oorloggeteisterde lande
Vir ‘n geseënde 3de kwartaal (en rekordeksamen om die draai)
FINANSIES – Hoe kan ek gee?
- Snapscan
- By die kerkkantoor
- Kollektebord
- Debietorder (kom voltooi ‘n vorm by die kerkkantoor)
- EFT: Onthou korrekte verwysing asb, bv u naam en die saak waarvoor u inbetaal (voorbeeld: M Smit Dankofferfees). ABSA, tak 632005, tjekrekening 1510580091.
ADMINISTRATIEWE INLIGTING
Kantoorure tydens kwartaal: Maandag tot Donderdag 08:00 – 13:00, Vrydae 08:00 – 12:00
Tydens skoolvakansies: 09:00 tot 12:00
Tel. 017-634 7518
Seëngroete
Ds Danie de Jongh
Sel. 076 1020 662 E-pos: danie@secundaoos.co.za
Ds Trunette de Jongh
Sel. 078 538 2531 E-pos: trunette@secundaoos.co.za
