Sondag, 2 November 2025
08:00 Erediens – dr Henk Gous
08:00 Junior jeug
09:00 Senior jeug in die Rots
Deurkollekte: Trans-Oranje Instituut vir Spesiale Onderwys
Teks: Efesiërs 4:26-32
Tema: Ophou kwaadword maak jou huis rustig.
Kindermoment: Skree!
**17:30 “Die Bybel prakties” in die Rots: BEKOMMERNIS, dit moenie verlam nie: kalmeer, sorteer en dan hanteer – 3 Stappe om bekommernis te hanteer, deel 2
U kan die diens ook aanlyn volg via https://www.youtube.com/@ngksecundaoosregstreeksliv5756
11:00 tot 15:00 Jeugafsluiting by Aquazone
** “Die Bybel prakties” is ‘n nuwe reeks wat Sondagaande spesiaal gaan maak, nie ‘n aanddiens nie, maar gesprek oor aktuele sake wat jy nodig het, soos bekommernis, hoekom slegte dinge gebeur met goeie mense, ouderdom, hoekom party gesprekke net skeefloop, ens. Die Bybel help ons met sulke lewensvaardighede.
Aankondiging met ‘n dankbare hart:
Ds Danie en ds Trunette de Jongh het die beroep na Secunda-Oos aanvaar en word DV bevestig Sondag, 18 Januarie. Kom ons werk voluit met hulle saam vir ‘n vrugbare nuwe seisoen vir Oos!
Oos-dagboek
4 November 10:00 Davieshof-erediens
10:30 GriefShare (Esmé 0836922859) in Jeuglokaal
18:00 DivorceCare (Magda 0825527261) in Jeuglokaal
18:00 GSK-vergadering /
6 November 10:00 Bybelstudie
18:00 Lofsangoefening
7 November 10:00 Senior lidmaatfunksie in die Rots
16:00 Kinderkrans
9 November 09:30 Jong ouers in die Rots
17:30 Aand Aktueel
12 November 10:00 Dra Mekaar-afsluiting
16 November 17:30 Worsbraai by die Rots
18:30 Kerssangdiens: kersliedere by kerslig
30 November 08:00 Gesinsdiens en Nagmaal
**Daar sal wel ‘n erediens wees op 16 November @ 08:00 (daar sou volgens kalender slegs Kerssangdiens wees @ 18:00).
Kommunikasie
Sluit asb by die gemeente se whatsapp-groep aan via onderstaande skakel:
https://chat.whatsapp.com/KD25eXocbuG9AATHbONBKQ
Maak ‘n aantekening:
- Dié wat Kinderbybels bestel het, kan dit kom haal by die kerkkantoor
- Kerssakprojek: sakke met lysies is beskikbaar by die kerkkantoor; keerdatum sal gekommunikeer word
- Kersliedere-by-kerslig in die Rots:
17:30 Worsbraai (eie wors, eetgerei, drinkgoed; bykosse word voorsien)
18:30 Samesang buite met kerslig (eie kerse)
- Oggenddienste skuif weer na 09:30 in 2026
- Jeugafsluiting is op 2 November vir voorskool tot gr 11 by Aquazone. Worsbroodjies en koeldrank word voorsien! Ouers is welkom! Antwoord asb by Lynnette 0726062168
- Gesamentlike dienste vanaf 7 Desember tot 11 Januarie @ 08:30 en 17:30; Kersdiens @ 08:30 op 25 Desember; Geloftediens @ 09:00 op 16 Desember; Middernagdiens @ 23:30 op 31 Desember.
- Ons 1812-projek benodig helpers. In Mat.18:12 soek die Herder ‘n verlore skaap. Ons 1812-projek soek die Oos-lidmate wat dalk nog hier bly of dalk nie. Van 15-30 Nov gaan ons span die 2026 kerkkalender aflewer by onaktiewe adresse en hul uitnooi vir voluit deelneem in 2026. As jy wil help om 10 kalenders by 10 adresse af te gee, gee jou naam by die kerkkantoor of David Longland 0762308060
Jong ouers
Ons volgende byeenkoms is op 9 November! Ons gaan weer mekaar help en saam wysheid by die Here soek. Ons eet gewoonlik ‘n lekker brunch saam en kinders speel in die sand en op die speelapparaat. Kom kuier gerus. Stuur enige vriende se selfoonnr na 0832670108 om bygevoeg te word op hierdie groep. (Laaste byeenkoms vir 2025 is op 30 November). Ons wil ook volgende jaar voortgaan met hierdie lekker kuier-en-leergeleentheid!
Senior lidmate (65 jaar en ouer)
Ons jaarlikse senior lidmaatfunksie is op 7 November in die Rots. Hier is nog uitnodigingskaartjies by die kerkkantoor – kom haal asb u kaartjie – ons sien al baie uit na dié funksie! Afsnydatum is vandag. Indien u nie by kantoor kan uitkom om kaartjie te kry nie, stuur asb e-pos om te bevestig of u gaan bywoon.
Sake vanaf Bedieningsraad:
- Ons het JOU hulp / diens nodig:
- Diens van Barmhartigheid benodig mense op Dinsdae om kospakkies vir minderbevoorregte gesinne te pak in die kerksaal (‘n rooster sal opgestel word; dus sal jy nie elke Dinsdag aan diens wees nie)
- Wil jy graag deel wees van ons voorsanggroep? Is jy musikaal, hou van sing of kan ‘n musiekinstrument bespeel – ons benodig sangers en begeleiers of mense wat ander instrumente kan bespeel – Kontak Liezel 079 4871679
- House of Mercy vra mense om te help met hul uitreike na Emba slegs twee Saterdae ‘n kwartaal. Kontak David Longland (076 2308 060) vir meer inligting. Volgende uitreik: 25 Oktober – kom wees deel daarvan! Ons vertrek 08:00 vanaf die kerk en is gewoonlik teen 10:00 terug.
- Diens van Barmhartigheid vra asb plastiese inkopiesakke vir die kospakkies wat hulle weekliks maak.
Sake vanaf Gemeenteraad:
JD Gertenbach en Johan Steyn is herkies tot die GR.
Bybelstudie / selgroepe
Kom geniet vriendskap en kry Bybelwysheid deur in te skakel by een van die volgende groepe (skakel gerus die leier). Gebruik gerus die gespreksvrae oor die erediens vir ‘n eie groep of stiltetyd
- 18:30 – Marius Neethling 0823716584
- 10:00 – Nerena Fick 0827298286
- 14:00 – Esme Visser 0836922859
- Indien jy ook ‘n groep het waar iemand nog kan inskakel, laat weet asb die kerkkantoor.
GESPREKSVRAE oor hoe ons woede beter gaan hanteer nalv preek 2 Nov 2025 en video https://youtu.be/vNonXfnQdmg?si=-rLAY7XJPgwq2E-w


- As jy jouself moet plaas op ‘n skaal van 1(rustig)-10 (ontplof maklik), waar is jy? Jou gesin?
- As jy jul huisgesin en families moet plaas op 1-10, waar is hulle?
- Daar is verskillende maniere van woede hanteer: vermy, insluk, opkrop en dikbek wees (passiewe aggressie), woedewoorde, woededade, geweld. Wat hiervan sien jy rondom jou?
- Kyk na die 2 prente:
1) perd en ruiter, onderskeidelik emosie en denke,
2) brein met binneste dele nl. limbiese stelsel, en buitenste dele nl. korteks veral voorbrein, ook onderskeidelik emosie en denke/beheersentrum - Lees Ef.24:26 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie. 27 Moenie die duiwel vatkans gee nie. 29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. 31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. 32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
- Kyk na 1) die emosies ‘As julle kwaad word’ en daarna 2) die gedrag wat jy kies om daarna te doen veral omdat dit gewoonte is (sondig, broei tot môre, vuil taal, verbitter, opvlieënd, vloek, skel, doen wat sleg is, duiwel vatkans gee). Hoe kan die ruiter/voorbrein dalk hierdie perd/limbiese emosie beheer? Wat werk vir jou?
- Hoe kan jy die volgende stappe probeer toepas:
- Stoppiebus, nie dadelik reageer nie, dink, asemhaal, tel tot 10, time-out.
- Probeer jou eintlike eerste emosie raaksien volgens die ysberg.
- Verander in klein stappies om geleidelik ‘n nuwe gewoontereaksie vas te lê.
VERJAARSDAE & GELUKWENSING
Baie geluk aan elkeen wat vandag en in die volgende week hulle verjaardag vier!
2 November: Angelique Brisley
3 November: Zander Burger, Jace Goosen, JJ Olivier
4 November: Kaylin Jansen van Rensburg, Mart-Mari Osborne, Christine Snyman, Mirna Steyn, Wietsche van der Westhuizen
5 November: Rynardt Blaauw, Seleané Kleinhans, Tanya Matthysen, Klarissa Smit, Lienkie Swart, Carla Tait
6 November: Bianca Brummer, André Mulder, Rhenardt Truter
7 November: Muriel du Plessis, Johan Fourie, Cobus Geldenhuys, Morgan Thomas, Elmarize Zietsman
8 November: Amanda Bester, Armand de Clercq, Tauri Erasmus, Christo Groenewald, Riaan Loots, Dawid Marx, Liza Smit, Alet van Deventer
Baie seën ook aan almal wat hul huweliksherdenking in hierdie week vier!
Bestellings vir LIG-tydskrif
Ons neem weer bestellings vir die glanstydskrif, “Lig” – jy kry 4 uitgawes per jaar. Dit beloop R300 vir die jaar. Laat weet asb die kerkkantoor voor of op 27 November of jy wil inteken vir die jaar.
Dankofferfees
Hiermee ons dankbaarheid teenoor die Here vir die oorvloed seëninge wat hy elke dag aan ons skenk en die genade wat ons uit sy hand ontvang het. U is welkom om dit elektronies in te betaal – merk asb net duidelik dat dit vir dankofferfees is.
Lukas 6:38
“Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”
GEBEDSLYS
Ons dra die volgende lidmate op in gebed:
Hannes Smit Elsa Brooks
At de Clercq Johan Jonker
Isak Steyn Lettie Smit (heupvervanging)
Emmie van der Merwe Louis Boshoff
Dank vir genesing: Marietjie Stuart, Girly Stoltz, Paul Joubert
Ons innige meegevoel met Paul en Suzelle Loock en familie met die afsterwe van haar pa.
Ons bid ook:
- Vir Oos se proses om te weet watter soort gemeente die Here wil hê ons moet wees.
- Dankie vir die leraars, di Danie en Trunette de Jongh, wat die beroep aangeneem het!
- Matrieks se eindeksamen
FINANSIES
Baie dankie vir elke bydrae! Onthou korrekte verwysing asb, bv u naam en die saak waarvoor u inbetaal (voorbeeld: M Smit Dankofferfees). ABSA, tak 632005, tjekrekening 1510580091.
ADMINISTRATIEWE INLIGTING
Kantoorure tydens kwartaal: Maandag tot Donderdag 08:00 – 13:00, Vrydae 08:00 – 12:00
Tydens skoolvakansies: 09:00 tot 12:00
Tel. 017-634 7518
Seëngroete
Dr Henk Gous
Sel. 083 267 0108
E-pos: henkgous@mweb.co.za
