Sake vanaf Gemeenteraad & Bedieningsraad

Sake vanaf Bedieningsraad:

·        Ons het JOU hulp / diens nodig:

*    Diens van Barmhartigheid benodig mense op Dinsdae om kospakkies vir minderbevoorregte gesinne te pak in die kerksaal (‘n rooster sal opgestel word;  dus sal jy nie elke Dinsdag aan diens wees nie)

*    Wil jy graag deel wees van ons voorsanggroep?  Is jy musikaal, hou van sing of kan ‘n musiekinstrument bespeel – ons benodig sangers en begeleiers of mense wat ander instrumente kan bespeel – Kontak Liezel 079 4871679

*  House of Mercy vra mense om te help met hul uitreike na Emba slegs twee Saterdae ‘n kwartaal.  Kontak David Longland (076 2308 060) vir meer inligting.  Volgende uitreik: 25 Oktober – kom wees deel daarvan! Ons vertrek 08:00 vanaf die kerk en is gewoonlik teen 10:00 terug.

*  Diens van Barmhartigheid vra asb plastiese inkopiesakke vir die kospakkies wat hulle weekliks maak.

 

Sake vanaf Gemeenteraad:

Beroeping van nuwe leraar:  Sien bo.

Ons as kerk moet weet wie ons is.  Lees daarom ons identiteitsverklaring hier onder.

Secunda-Oos se identiteit

1.     Ons glo in God Drie-enig, ons bely die Bybel as Woord van God, ons dien slegs God as Hoof van die kerk, en wil sy liefde uitleef in diens. Kortliks WWW: Woord, Waardes, Warmte

2.     Ons fokus op die grootste nood tans, bv. ongeloof, kerklosheid, versoening, armoede, uitbou van sy koninkryk, eenheid as kerk, en wil nie dat konflik ons aandag aftrek van hierdie ‘olifante’ nie.

3.     Ons roeping in Secunda vra dat ons voluit saamwerk met ander kerke, veral elke NG gemeente, en in besonder Goedehoop.

4.     Ons staan by die Belydenisskrifte maar is oop vir Bybelse vernuwing volgens die gereformeerde beginsel ’gereformeerd maar moet ook steeds reformeer/ reformata sed semper reformandum’.

5.     Ons bly verbonde aan die Kerkorde as beproefde metode waartoe ons deur belofte ons verbind het.

6.     Ons bly verbonde aan die NG kerkverband in ring, sinode en algemene sinode om ons roeping beter gesamentlik te bereik en omdat geen kerkordelike getoetste bewyse gegee is dat hierdie verbande afwyk van Woord en belydenis nie en skeuring nodig is nie.

7.     Ons bly verbonde aan die kerkordelike tugproses wat primêr by kerkrade en ringe berus, net sekondêr by sinodes, en vra dat alle gerugte en bewerings amptelik vir hantering aangemeld word.

8.     Ons bly verbonde aan respek vir medegelowiges, vir getoetste waarheid en vir direkte kommunikasie wanneer ons verskil, en vermy verdagmakery.