Tydens die GR-vergadering van 5 Mei is dr Henk Gous beroep as brugpredikant by ons gemeente.
’n Brugpredikant is ’n spesiaal opgeleide predikant in die NG Kerk met die spesifieke opdrag om die gemeente in die oorgangstyd tussen twee predikantsposte te begelei. In die oorgangstydperk vervul hy alle predikantswerk.
’n Brugpredikant kan nie aan die einde van die termyn na ons gemeente beroep word nie.