Liewe Secunda-Oos Gemeente
Hierdie tyd van die jaar is dit weer tyd vir die insameling van die 10de maand dankoffers. Hiermee ons dank teenoor die Here vir die oorvloed waarmee Hy ons seën en die genade wat ons uit sy hand ontvang het. Om ʼn 10de van jou inkomste aan die Here terug te gee, is ʼn Bybelse beginsel van dankbaarheid teenoor die Here se goedheid.
As Jesus dus van ons ʼn tiende deel vra, is dit eintlik ʼn geloofsoffer wat Hy vra waarmee ons in geloof gee en Hom dus ten volle vir alles vertrou. Dankoffers is ʼn saak van geloof en dankbaarheid. Paulus skryf daaroor in 2 Korintiërs 9:7-8:“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin en dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”
Jou dankoffer is ʼn dankbare antwoord op wat God in Sy goedheid vir jou gee en ʼn erkenning dat jy nie net jou geld nie, maar ook met jou gawes, tyd en lewe in Sy diens staan in die wêreld. Oorweeg asseblief die saak biddend en vra God se leiding oor die bedrag waarvoor jy Hom kan vertrou. Ons wil jou graag aanspoor om asseblief weer te kyk na jou maandelikse dankoffer, voltooi asseblief ʼn debietorder by die kerkkantoor.
Jy kan jou 10de maand dankoffer op een van die volgende maniere gee met verwysing:
Dankofferfees
- EFT – Elektroniese oorplasing
- Kontant in die 10de maand dankofferkoevert
- Snapscan transaksie
- Kaartfasiliteite by die kerkkantoor
Bankbesonderhede:
ABSA bank
Takkode: 632005
Tjekrekening: 1510580091
Die grafiek wys op die maandelikse inkomste. Die blou wys op die begrote inkomste en die groen wys op die werklike inkomste Maandelikse dankoffers dek ons operasionele uitgawes soos salarisse, munisipale dienste en ander bedryfskostes. 10de maand dankoffers wend ons aan vir Koninkrykswerk wat gaan aan getuienisfondse en bedieningsuitgawes. |
Mag die Here die gemeente seën en jou bydrae gebruik tot eer van Sy Naam.
Liefdegroete
Die leraars en leiers van Secunda-Oos
