Afkondigings namens lidmate / ander gemeentes:

  • Nicolette Brooks School of Dancing se Candlelight Christmas is op 24 Oktober by Laerskool Trichardt @ 18:00. Kaartjies is R100, beskikbaar by 0828546119

 

  • NG Evander bied aan: GESINSONTBYT EN GETUIENIS

Kom ons geniet ‘n heerlike ontbyt en luister na die merkwaardige getuienis van Koben Hofmeyr.  Almal is welkom.  Hoërskoolleerders vind gewoonlik baie aanklank by Koben se getuienis! 

Saterdag, 19 September @ 08:00, h/v Bologna- & Lavalstr, Evander

Volwassenes R100pp en laerskoolkinders R80pp.  Kaartjies beskikbaar by 083 3479466.

“Op 16 het ‘n nekbesering op die rugbyveld Koben Hofmeyr se lewe oombliklik verander.  Die dokters se eerste voorspellings was donker.  Koben het besluit hulle is verkeerd.”