Ontmoet Danie en Trunette
Dit was nog altyd ons hart se droom om sáám in een gemeente en gemeenskap te mag dien. Danie het grootgeword in Viljoenskroon en Trunette in Bethlehem – twee verskillende dorpe, maar een roeping wat ons paaie bymekaar uitgebring het.
Ons het saam in Bloemfontein studeer, waar ’n mooi vriendskap gegroei het tot ’n liefdesverhouding wat ons lewenspad saam gevorm het. Ná ons studies het ons ons gemeente jaar in Port Elizabeth voltooi. Danie het sy bediening begin by PE De Duin en Trunette by Uitenhage De Mist – gemeentes wat vir altyd deel van ons storie sal bly.
Dit is vir ons ’n besondere voorreg en groot dankbaarheid om nou saam in Secunda-Oos te mag dien. Ons sien uit daarna om saam met julle te groei, te leer en die Here se liefde prakties uit te leef in hierdie gemeenskap.
