Sondag, 11 Oktober 2026
09:00 Junior kategese
09:30 Erediens – ds Danie de Jongh
Teks: Matteus 25:14-30
Tema: Die talente
Deurkollekte: Davieshof Dienssentrum
10:30 Senior kategese
11:00 Jong ouers
17:30 Die Bybel Prakties in die Rots
Jakobus 2:14-26
U kan die diens ook aanlyn volg via https://www.youtube.com/@ngksecundaoosregstreeksliv5756
Oos-dagboek
12 Oktober 18:15 Gebedsbedieningsvergadering
19:00 Gasvryheidsvergadering
13 Oktober 10:00 Kospakkies word gepak vir behoeftiges
Laat weet asb as jy daarmee kan help. Kontak Melanie by die kerkkantoor.
10:00 Davieshof-erediens
11:00 DvB vergadering
10:30 GriefShare in die Jeuglokaal
18:00 DivorceCare in die Jeuglokaal
18:30 Getuienisbedieningsvergadering
15 Oktober 10:00 Bybelgesprek
18:00 Lofsangoefening
16 Oktober 16:00 Kinderkrans
17 Oktober 08:00 Uitreik na Emba: House of Mercy. Sal teen 10:00 terug wees. Kontak David Longland as jy deel wil neem aan hierdie uitreik 0762308060.
18 Oktober Erediens met Nagmaal
19 Oktober 18:30 Gesamentlike GR & BR
23-25 Oktober Gemeentekamp
25-28 Oktober Hoëveld Sinodesitting
1 November 11:30 Jeugafsluiting
4 November Verkiesingsdag – Kerkkantoor gesluit
6 November Senior lidmaatfunksie
8 November Belydenisaflegging
Ds Trunette sal met kraamverlof wees tot 28 November.
Kommunikasie
Sluit asb by die gemeente se whatsapp-groep aan via onderstaande skakel:
https://chat.whatsapp.com/KD25eXocbuG9AATHbONBKQ
Ons het JOU hulp / diens nodig:
- HOM bied naaldwerkklasse aan op Donderdae om 10:00 by Rondekerk. Enige hulp met die klasgee, naaldwerkbenodigdhede ens sal baie waardeer word! Kontak Joey 0832322274 as jy kan help.
- Op Dinsdae word kospakkies vir behoeftige lidmate gepak. Kan jy ons dalk help daarmee? Kontak asb vir Melanie by die kerkkantoor 017-6347518.
- Daar word mense benodig by die klank- en tegniese span tydens eredienste. Kontak Johan Steyn (0823710179) as jy wil help.
Jong ouers
Die jong ouers geniet hulle kuiers saam baie! Kom kuier volgende keer saam! Stuur enige vriende se selfoonnr na Danie (0761020662) of Trunette (0785382531) om bygevoeg te word op hierdie groep. Die volgende byeenkoms is op 11 Oktober.
Senior lidmaatfunksie – 6 November
Dis amper weer tyd vir ons jaarlikse senior lidmaatfunksie! Senior lidmate van Secunda-Oos (wat 65 word in 2026, en ouer) kan hulle uitnodigingskaartjies kom haal by die kerkkantoor!
Bybelstudie / selgroepe
Kom geniet vriendskap en kry Bybelwysheid deur in te skakel
by een van die volgende groepe (skakel gerus die leier) vir die
jaar.
- 18:30 – Marius Neethling 0823716584
- 10:00 – Nerena Fick 0827298286
- 18:30 – Hannes & Susan Gertzen 0768501627
- 14:00 – Esmé Visser 0836922859
- 18:30 Jong volwassenes – Danie de Jongh 0761020662
- Indien jy ook ‘n groep het waar iemand nog kan inskakel, laat weet asb die kerkkantoor.
- Daar is ‘n behoefte vir ‘n groep vir ouers met tieners. Laat weet asb die kerkkantoor of leraars as jy ook belangstel.
Dankofferfees
Hierdie tyd van die jaar is dit weer tyd vir die insameling van die 10de maand dankoffers. Hiermee ons dank teenoor die Here vir die oorvloed waarmee Hy ons seën en die genade wat ons uit sy hand ontvang het. Om ʼn 10de van jou inkomste aan die Here terug te gee, is ʼn Bybelse beginsel van dankbaarheid teenoor die Here se goedheid.
As Jesus dus van ons ʼn tiende deel vra, is dit eintlik ʼn geloofsoffer wat Hy vra waarmee ons in geloof gee en Hom dus ten volle vir alles vertrou. Dankoffers is ʼn saak van geloof en dankbaarheid. Paulus skryf daaroor in 2 Korintiërs 9:7-8:“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin en dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”
Jou dankoffer is ʼn dankbare antwoord op wat God in Sy goedheid vir jou gee en ʼn erkenning dat jy nie net jou geld nie, maar ook met jou gawes, tyd en lewe in Sy diens staan in die wêreld. Oorweeg asseblief die saak biddend en vra God se leiding oor die bedrag waarvoor jy Hom kan vertrou. Ons wil jou graag aanspoor om asseblief weer te kyk na jou maandelikse dankoffer, voltooi asseblief ʼn debietorder by die kerkkantoor.
VERJAARSDAE & GELUKWENSING
Baie geluk aan elkeen wat vandag en in die volgende week hulle verjaardag vier!
11 Oktober: Jessica Ackerman, Jacques Janse van Nieuwenhuizen, Tessa Jonker, Sonja Smith
12 Oktober: Rouaan Griesel, Petro Odendaal, Chantelle Pretorius, Hettie Steenkamp
13 Oktober: Susan Stigling
14 Oktober: Arie de Clercq, RW Groenewald, Lance Jansen van Rensburg, Anso Johnstone, Adri Kirsten, Willem Louw, Shaun Mahood, Ruan Oosthuizen, DJ van Niekerk (9), Eben van Niekerk (9)
15 Oktober: Marianné Erasmus, Liezl Kruger, Karlien Rossouw, Albert Truter
16 Oktober: Francois Basson, Gladys Cohen, Ryno Pieterse, Jacques van Dyk
17 Oktober: Zaan de Jonge, Andreska Engelbrecht
Baie seën ook aan almal wat hul huweliksherdenking in hierdie volgende week vier!
GEBEDSLYS
Ons dra die volgende lidmate op in gebed:
Hannes Smit Lettie Smit
Elsa Brooks Joey Vorster
Johan Jonker Louis Boshoff
Emmie van der Merwe Paul & Gwen Joubert
Hettie Steenkamp Izak Steyn
Han Meintjes Willie Meintjes
Ingrid Pelser Nicholene Jansen van Vuuren
Este Heiberg Laaste kwartaal
FINANSIES – Hoe kan ek gee?
- Snapscan
- By die kerkkantoor
- Kollektebord
- Dankofferkoevert
- Debietorder (kom voltooi ‘n vorm by die kerkkantoor)
- EFT: Onthou korrekte verwysing asb, bv u naam en die saak waarvoor u inbetaal (voorbeeld: M Smit Dankofferfees). ABSA, tak 632005, tjekrekening 1510580091.
Afkondigings namens lidmate / ander gemeentes:
- Nicolette Brooks School of Dancing se Candlelight Christmas is op 24 Oktober by Laerskool Trichardt @ 18:00. Kaartjies is R100, beskikbaar by 0828546119
ADMINISTRATIEWE INLIGTING
Kantoorure tydens kwartaal: Maandag tot Donderdag 08:00 – 13:00, Vrydae 08:00 – 12:00
Tydens skoolvakansies: 09:00 tot 12:00
Tel. 017-634 7518
Seëngroete
Ds Danie de Jongh
Sel. 076 1020 662 E-pos: danie@secundaoos.co.za
Ds Trunette de Jongh
Sel. 078 538 2531 E-pos: trunette@secundaoos.co.za
