Uitreik na Barberton Bybelskool

Uitreik van Getuienisbediening

Ons gaan in Julie (gedurende vakansietyd) weer uitreik na die Back to the Bible College in Barberton.  As dit op jou hart druk om te gee vir hierdie wonderlike saak, gee asb via eft met die verwysing ‘Uitreik’. Die span gaan ‘anti-apie-asdromme’ bou vir die terrain en het fondse nodig daarvoor.

Hulle wil ook graag wol, breinaalde en hekelpenne (het al ‘n paar penne gekry) saamneem vir ‘n projek.  Indien jy op hierdie manier kan help, bring asb kerkkantoor toe.