Barmhartigheid

Ons doen graag aan ander wat ons sou wou gehad het ander aan ons moet doen wanneer ons in dieselfde situasie is.

Snr Lidmaat funksie 2023

High Tea met Gaskunstenaar Gert van Tonder

DIENS VAN BARMHARTIGHEID

Ons sê DANKIE:

· Vir hierdie span dames wat ons senior lidmate op ‘n gereelde basis besoek

· Namens ons lidmate bo 65…baie dankie vir die heerlike geskenkpakkie wat elkeen ontvang het.

Ons vra asb u hulp en ondersteuning:

· Enige bydraes om die koskaste aan te vul (daar is ‘n hele paar gesinne wat weekliks kos ontvang)

· Groot plastiese sakke, bv die groot sakke wat ‘n mens kry as jy beddegoed of klere koop.

· Ons benodig asseblief ‘n manspersoon met ‘n bakkie wat bereid is om op ‘n Dinsdagoggend brode en groente af te haal by Pick n Pay en kerk toe te bring. Indien u kan help of vir navrae, kontak Elize Schoonwinkel 0824867125

Indien u bewus is van enigiemand in ons gemeente wat hulp nodig het, kan u die kerkkantoor kontak.