Kermis 22 Mei 2026

Kermis 22 Mei

Skud jou kuiervere reg!  Ons KUIERKERMIS is hier!

Ons sien uit na:

  • Trompoppievertonings van 4 laerskole
  • Kosstalletjies van al die soorte!
  • Heerlike nagereg
  • Vars vleis en vars gebak
  • Kindervermaak soos ‘n stoomtreintjie en springkastele en speletjies
  • Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens
  • Tiener ‘chill zone’
  • Ons eie, ontspannende TEETUIN
  • Lekker musiek
  • Die opveil van ‘n pragtige kwilt!
  • Trekking van die skaapraai om 15:00
  • Ons het nog nodig:
  • Wit olifante kan kerk toe gebring word!
  • Bestanddele soos suiker, eiers, lekkers word gevra.
  • Leë toeknyp-eierhouers (vir 6 eiers)
  • Pannekoek: Eiers en koekmeel
  • Poeding: gebakte en koue nageregte en vla
  • Die PLAASSTAL vra asb:
  • Nat beskuit, groot pan
  • Nat anysbeskuit, groot pan
  • Eiers
  • Eierhouers vir halfdosyn
  • Naaldwerk soos vatlappies, plekmatjies, popklere
  • Neute
  • Biltong & droëwors
  • Boerseep
  • Tuisgemaakte kerse
  • Tuisgemaakte lekkers
  • Vleis
  • Groente & vrugte
  • Juwele
  • Houtspeelgoed
  • Pynappelbier
  • Suurlemoenstroop
  • Ingelegte vrugte / konfyte
  • Skenkings van bees / vark / hoender / skaap is baie welkom!

 

  • R50-kaartjies te koop om ‘n opgesnyde lam ter waarde van R3000 te wen. Daar is ook ‘n tweede en derde prys! Koeverte kan nog tot Vrydag, 22 Mei om 15:00 ingegee word by die kerkkantoor of die plaasstal (tydens die kermis).

Kontak Willie Nel by 082 556 5481

  • R50-koopbewyse te koop (by Melanie en Marietjie) om iemand te bederf met koek en koffie by ons Kuierkermis se Teetuin!

 

  • Kontak asb hierdie tafelkoördineerders om jou hulp vir ‘n skof by die stalletjie aan te bied of ‘n bydrae te lewer!

*Teetuin/ Koeldranke:  Danie   0761020662

*Plaasstal:      Willie en Corrie  0825713764

*Jorsies:          Suzelle   0828592058

*Kerrie-en-rys:        Leandri en André  0826676252

*Koekies en Koek:   Esmé  0836922859

*Worsrolle en Hamburgers:      Lilly  0722156070

*Poeding:       Ilsa    0714704098

*Potjiekos:     Schalk   0714611418

*Pizza’s:          Johan en Mirna   0823710179

*Pannekoek:  Yolandi en Brian  0836516340

*Lekkergoedtafel:   Lila    0732087150

*Witolifant:     Nicholene en Susan   0827584609

*Braaispan:     David   0762308060

*Jeug:    Lynnette,  Veruschka  0726062168