Gesinne / selgroepe / kleingroepe kan in die week hierna kyk:
Skakel vir hierdie week se kleingroepe sal Maandag op die gemeente se whatsapp-groep beskikbaar gestel word.
GESPREKSVRAE oor preek Die Groot Geheim 13 Julie 2025
- Lees die bekende Groot Gebod in Mt.22:37-39. Wat is vir jou maklik om te doen, en wat is nogal moeilik?
- Lees die bekende Groot Opdrag in Mt.28:19-20. Wat is vir jou maklik om te doen, en wat is nogal moeilik?
- Lees die Groot Geheim in Kol.1:27-28 en 2:2-3 in Afrikaans. Wat frase of gedagte tref jou daarin?
- Lees ook nou in The Message en sê wat tref jou opnuut hierin?
Col.1:26-29 This mystery has been kept in the dark for a long time, but now it’s out in the open. God wanted everyone, not just Jews, to know this rich and glorious secret inside and out, regardless of their background, regardless of their religious standing. The mystery in a nutshell is just this: Christ is in you, so therefore you can look forward to sharing in God’s glory. It’s that simple. That is the substance of our Message. We preach Christ, warning people not to add to the Message. We teach in a spirit of profound common sense so that we can bring each person to maturity. To be mature is to be basic. Christ! No more, no less.
- Wat beteken geestelike volwassenheid vir jou?
- Hoe is ‘n geestelike volwasse opersoon anders wat betref 1) denke, 2) emosies, 3) dade?
- Wat sê die volgende gelykenis vir jou oor jouself en ons gemeente?
Kierkegaard se Gelykenis van die Ganse
“’n Sekere trop ganse het saam in ’n erf gewoon, omring deur hoë mure. Omdat die mielies goed was en die erf veilig, het hierdie ganse nooit enige risiko geneem nie.
Op ’n dag het ’n filosoof-gans onder hulle gekom. Hy was ’n baie goeie filosoof, en elke week het hulle stil en aandagtig na sy geleerde toesprake geluister. ‘My medereisigers op die pad van die lewe,’ sou hy sê, ‘kan julle werklik dink dat hierdie erf, met sy hoë mure, al is wat daar tot bestaan is? Ek sê vir julle, daar is ’n ander en groter wêreld daar buite — ’n wêreld waarvan ons skaars bewus is. Ons voorvaders het van hierdie wêreld geweet. Het hulle dan nie hul vlerke gesprei en oor woestyne en oseane gevlieg nie, oor groen valleie en beboste heuwels? Maar helaas, hier bly ons in hierdie erf, met ons vlerke gevou teen ons sye, tevrede om in die modder rond te ploeter, sonder om ooit ons oë op te lig na die hemelruim wat ons tuiste moes wees.’
Die ganse het gedink dit was puik preke. ‘Hoe poëties,’ het hulle gedink. ‘Hoe diep eksistensieel. Wat ’n foutlose opsomming van die misterie van bestaan.’ Gereeld het die filosoof gepraat oor die voordele van vlieg, en die ganse aangemoedig om te wees wat hulle is. Hulle het dan immers vlerke, het hy uitgewys. En waarvoor is vlerke anders as om mee te vlieg? Dikwels het hy besin oor die skoonheid en die wonder van die lewe buite die erf, en die vryheid van die lugruim.
En elke week is die ganse bemoedig, geïnspireer, aangegryp deur die filosoof se boodskap. Hulle het aan sy elke woord gehang. Hulle het ure, weke, maande gewy aan ’n deeglike analise en kritiese evaluasie van sy leerstellings. Hulle het geleerde verhandelinge geskryf oor die etiese en geestelike implikasies van vlieg. Dit alles het hulle gedoen. Maar een ding het hulle nooit gedoen nie. Hulle het nooit gevlieg nie! Want die mielies was goed, en die erf was veilig!”