Praktiese wysheid vir Kleingroepe en Gesinne

Selgroep- / Omgeegroepstukkie

Groepbespreking vir Lydenstyd

OORGAWE

Hierdie groepbespreking kan gedoen word in ʼn omgeegroep, tussen vriende of dit kan ook gebruik word vir huisgeloof saam met jou gesin.

GEBED

Here,

U weet hoe moeilik oorgawe vir ons is.

Ons wil verstaan. Ons wil beheer neem. Ons wil sekerheid hê.

Maar U roep ons om U te vertrou.

Om vreugde in U te vind.

Om stil te wees.

Neem vandag wat ons mee sukkel om oor te gee.

Leer ons om op U te vertrou.

Ons wag op U.

Amen.

 

Lees die teks van die dag 1 of 2 keer deur in jou Lydenstydboekie:

  • Wat staan vir jou uit? Wat ontwrig of bevestig die teks in jou?

 

Laat elke persoon kortliks deel:

  • Waar probeer ek steeds beheer hou?
  • Wat sukkel ek om aan die Here oor te gee?

 

SKRIF & GESPREKSVRAE

Lees die Skrifgedeeltes 1 of 2 keer stadig deur.

PSALM 37:1-7

  • Wat beteken dit prakties om jou lewe aan die Here oor te gee?
  • Hoekom is “stil wees en wag” so moeilik?
  • Wat in jou eie lewe probeer jy self oplos?

FILIPPENSE 3:7-14

  • Wat was Paulus bereid om prys te gee?
  • Wat beteken dit om “Christus as wins/bate” te sien?
  • Wat moet jy dalk as “verlies” begin beskou om nader aan Christus te leef?
  • Hoe help oorgawe ons om Lydenstyd reg te beleef?

 

SLUIT AF MET GEBED EN OORGAWE