Sondag, 14 Junie 2026
08:30 Gesamentlike Erediens
U kan die diens ook aanlyn volg via https://www.youtube.com/@ngksecundaoosregstreeksliv5756
17:30 Gesamentlike aanddiens
Oos-dagboek
15 Junie Skolevakansiedag, kerkkantoor gesluit
16 Junie Jeugdag
18 Junie 10:00 Naaldwerkklas by Rondekerk (HOM)
Enige hulp sal waardeer word!
10:00 Bybelgesprek
19 Junie 16:00 Kinderkrans
18:00 JAV
22 Junie 18:30 Gemeenteraadsvergadering
26 Junie Skole sluit
28 Junie Gesamentlike dienste 08:30 en 17:30
Kommunikasie
Sluit asb by die gemeente se whatsapp-groep aan via onderstaande skakel:
https://chat.whatsapp.com/KD25eXocbuG9AATHbONBKQ
Ons het JOU hulp / diens nodig:
- HOM bied naaldwerkklasse aan op Donderdae om 10:00 by Rondekerk. Enige hulp met die klasgee, naaldwerkbenodigdhede ens sal baie waardeer word! Kontak Joey 0832322274 as jy kan help.
- Daar word mense benodig by die klank- en tegniese span tydens eredienste. Kontak Johan Steyn (0823710179) as jy wil help.
- Die getuienisbediening gaan weer in Julie Back to the Bible College besoek en wil graag wol, breinaalde en hekelpenne saamneem vir ‘n projek. Enige kontantdonasies is ook baie welkom aangesien hulle anti-apie-asdromme (nuwe woord!) wil bou vir die terrein! Indien jy op hierdie manier kan help, bring asb kerkkantoor toe.
WINTERHOOP
Duvet met duvetoortreksel, paslaken, kussing en kussingsloop vir enkelbed. Ons koop nuwe beddegoed vir 95 kinders by Adullam. Baie dankie vir elke bydrae met liefde gekoop!
Jong ouers
Tydens hierdie byeenkomste help ons mekaar en soek saam
wysheid by die Here. Ons kuier gewoonlik saam en geniet ‘n lekker
brunch, en die kinders speel in die sand en op die speelapparaat. Kom kuier gerus lekker saam. Stuur enige vriende se selfoonnr na Danie (0761020662) of Trunette (0785382531) om bygevoeg te word op hierdie groep. Die volgende byeenkoms is op 26 Julie.
Bybelstudie / selgroepe
Kom geniet vriendskap en kry Bybelwysheid deur in te skakel
by een van die volgende groepe (skakel gerus die leier) vir die
jaar.
- 18:30 – Marius Neethling 0823716584
- 10:00 – Nerena Fick 0827298286
- 14:00 – Esmé Visser 0836922859
- 18:30 – Hannes en Susan Gertzen 076 850 1627
- Indien jy ook ‘n groep het waar iemand nog kan inskakel, laat weet asb die kerkkantoor.
- Daar is ‘n behoefte vir ‘n groep vir ouers met tieners. Laat weet asb die kerkkantoor of leraars as jy ook belangstel.
Huisbesoek
Di Danie en Trunette sien daarna uit om al die lidmate van die
gemeente te ontmoet en besoek. Kontak asb die kerkkantoor
(017-6347518) of per e-pos (kantoor@secundaoos.co.za)
om ‘n afspraak te maak. Moontlike tye is 10:30 tot 12:00,
14:30 tot 16:00, 16:00 tot 17:30 en 17:30 tot 19:00. Maak nou
jou afspraak vir ‘n lekker leraarskuier!
Gemeentekamp
Ons gemeentekamp vind plaas tydens naweek van 23-25 Oktober. Lidmate kan solank hulle plek kom bespreek by kerkkantoor en begin afbetaal. Nuwe pryse is beskikbaar by die kerkkantoor. Slegs 18 staanplekke, 6 tenthuise en 3 bergtente nog oop.
VERJAARSDAE & GELUKWENSING
Baie geluk aan elkeen wat vandag en in die volgende week hulle verjaardag vier!
14 Junie: André Coertse, Peet Smuts, Cornelia Strydom, Lenie Viljoen
15 Junie: Angie Blaauw, Gery Bornman, Trunette de Jongh, Reinier du Toit, Hannes Griessel, Trevor Marsh, Luzelke van Wyk
16 Junie: Ronél Fourie (60), Nicky Green, Chris Hartman, Christo Janse van Rensburg, Wilco Janse van Rensburg, Ockie Smit, Minnelize Whitlock
17 Junie: Ruan Cohen, Suné Fella, Schalk Nortje (21), Frikkie Oosthuizen, Louw Streicher
18 Junie: Werner Kruger, Adriaan Nortje, Luca van Heerden
19 Junie: Madelein Engelbrecht
20 Junie: Hannes Bothma, Heinro Helberg, Elaine Heydenreich, Johan Jordaan, Lucy Otto
Baie seën ook aan almal wat hul huweliksherdenking in hierdie volgende week vier!
GEBEDSLYS
Ons dra die volgende lidmate op in gebed:
Hannes Smit Lettie Smit
Elsa Brooks Joey Vorster
Johan Jonker Louis Boshoff
Emmie van der Merwe Paul & Gwen Joubert
Hettie Steenkamp Kotie Snyman se kleindogter, Shinique
(dubbele longoorplanting)
Ria van der Merwe Frans Viljoen
Ronel Reinecke Rochelle Viljoen (orrelis) se man
Ons innige meegevoel met Tillie van Heerden en familie met die skielike afsterwe van Johan (roudiens Maandag, 15 Junie @ 10:00).
Ons bid vir ‘n gesonde swangerskap vir ds Trunette.
Oorloggeteisterde lande
FINANSIES – Hoe kan ek gee?
- Snapscan
- By die kerkkantoor
- Kollektebord
- Debietorder (kom voltooi ‘n vorm by die kerkkantoor)
- EFT: Onthou korrekte verwysing asb, bv u naam en die saak waarvoor u inbetaal (voorbeeld: M Smit Dankofferfees). ABSA, tak 632005, tjekrekening 1510580091.
ADMINISTRATIEWE INLIGTING
Kantoorure tydens kwartaal: Maandag tot Donderdag 08:00 – 13:00, Vrydae 08:00 – 12:00
Tydens skoolvakansies: 09:00 tot 12:00
Tel. 017-634 7518
Seëngroete
Ds Danie de Jongh
Sel. 076 1020 662 E-pos: danie@secundaoos.co.za
Ds Trunette de Jongh
Sel. 078 538 2531 E-pos: trunette@secundaoos.co.za
