Ons dra die volgende lidmate op in gebed:
Sakkie Pelser
Hannes Smit
Joey Vorster
Andries Olivier
Vincent Botes
Hannatjie Pretorius
Johan Jacobs
Indien u weet van enige lidmaat wat gebed of besoek van ‘n leraar benodig, kontak asb die kerkkantoor by 017-6347518 tussen 08:00 en 12:00 of stuur epos na kantoor@secundaoos.co.za.
· Ons bid dat Christene weer intens bewus sal wees en dankbaar sal wees dat Jesus vir ons Sy Heilige Gees gestuur het om by ons te wees
· Vir die vervolgde kerk in ander lande
· Dankie vir ons gemeenteleiers
· Dankie vir mense wat gewillig, betrokke en toegewyd is (party al vir jare) en dankie dat U, Here, vir ons nog mense gaan stuur waar ons dringend nodig het.
· Dankie dat U ons finansieel seën.
· Stuur asb ‘n opvolger vir Elize Schoonwinkel wat ons barmhartigheidsgroep sal kan koördineer.
· Lei ons in ons strategiese beplanningsessie wat op pad is.
· Ons bid vir reën in die Oos-Kaap
· Vir almal om veilig te wees gedurende die vakansie, op die paaie, by die huis, by vakansiebestemmings.
“…want die Here julle God gaan saam met julle! Hy sal vir julle teen julle vyande veg en Hy sal aan julle die oorwinning gee!” Deuterenomium 20:4