Ons gaan hierdie jaar ons Week van Gebed op ‘n ander manier aanpak: ons gaan op Sondag, 25 Jan briefies uitdeel, sodat elkeen vir 1 persoon verantwoordelik is om te bid vir die week. Bring asb eerskomende Sondag ‘n pen of potlood saam kerk toe – ons gaan gebedsvlaggies maak waarop lidmate kan skryf.
