Gemeente-ete na dankfees
2026 was n besonder geseënde jaar vir Secunda-Oos. Ons wil ‘n dankfees hou op 29 November en sommer ons verjaarsdag ook vier. Na die erediens gaan ons ‘n heerlike ete bedien en saam kuier by die Rots. Om jou plek te bevestig, betaal asb R20 per persoon in by die kerkkantoor voor of op 15 November.
Jy bring slegs jou eie eetgerei. Ons sal in die volgende weke meer inligting verskaf. Die getalle is belangrik, sodat ons kan verseker dat almal genoeg te ete sal kry.
