GROETEBOODSKAP aan Secunda-Oos NGK.
Ons was baie bevoorreg dat Secunda-Oos ons toegelaat het om vir ʼn tweede termyn van 13 jaar deel te wees van die gemeente. As gesin het ons baie warmte, liefde en omgee van hierdie gemeente ontvang, wat ons saam met ons sal dra. Ons is dankbaar dat julle ons op alle terreine baie goed versorg het, finansieel, deur ondersteuning in moeilike tye, ʼn pragtige pastorie waar ons tuis kon voel, deur vriendskap, gebed, drukkies, glimlagte, hulp, raad, ensovoorts. Ons het ook baie geduld vanaf julle beleef met ons eie foute en tekortkomings, waarvoor ons baie dankbaar is.
As predikant was ek bevoorreg dat julle my toegelaat het om betrokke te wees in julle geloof belewenisse met die Here. Julle het my toegelaat in julle diepste seer en rou, en ook in julle grootste vreugdes en blydskap. Saam kon ons die Here se genade, liefde en krag op ontelbare plekke en geleenthede beleef.
Ons gaan nou aan beweeg na ʼn ander NGK gemeente, maar bly vir ewig, net soos julle, deel van God se Koninkryk deur ons geloof in Jesus Christus. Ons neem daarom afskeid, maar met die wete dat ons in Hom altyd saam met julle is.
Hannes en Ronel Reinecke
1 Junie 2025